Weet jy wat is die 10 gesondste kossoorte in jou supermark? Hier is die 10 bestes en hoe jy dit kan eet.
LEES OOK: Vermeulen-hofsaak gaan Dinsdag voort
Spinasie
Spinasie is een van die gesondste groentes wat jy kan kry. Dit verskaf energie terwyl dit min kalorieë bevat en vitamien A, vitamien K en essensiële folaat aan die liggaam verskaf.
Wenk: Braai dit saam met uie en voeg dit by ‘n omelet vir ‘n gesonde ontbyt.
Swart bone
Gevul met gesonde antioksidante, verteer swart bone stadig, hou jou langer versadig en is vol kalsium, proteïene en vesel.
Wenk: Swart bone is lekker saam met Meksikaanse kos, maar kan ook by enige bredie gevoeg word.
Okkerneute
Met meer antioksidante as enige ander neut, is okkerneute ook vol vitamien E, en ryk aan plantserums, omega 3-olies en gesonde vette.
Wenk: Hou ’n pakkie byderhand vir ’n voedsame peuselhappie.
Beet
Goed vir die brein en in staat om bloeddruk te verlaag, word beet dikwels oorgesien as een van die gesondste voedselsoorte. Dit is gevul met folaat, magnesium en vitamien C.
Wenk: Rasper rou beet en voeg dit by ’n slaai.
Avokado
As jou net een of twee avokado’s per week eet, bied dit jou al die voordele van gesonde mono-onversadigde vette, vitamien B6 en baie folaat.
Wenk: Op roosterbrood met sout en peper, of saam met ‘n sny kaas.
Donker sjokolade
Volgens onlangse navorsing bevat sjokolade meer antioksidante as die meeste vrugtesappe. Dit beskerm jou liggaam teen siektes en voorkom hartsiektes.
Wenk: Net een of twee blokkies per dag is genoeg om voordeel daaruit te trek.
Frambose
Soos die meeste bessies, is frambose gevul met antioksidante om die liggaam gesond te hou. Dit bevat vitamien C, kalsium en yster.
Wenk: Eet dit in die oggend saam met jogurt vir ontbyt.
Knoffel
Knoffel word al eeue lank gebruik om siektes af te weer, aangesien dit die groei van bakterieë inhibeer, cholesterol en bloeddruk verlaag en anti-inflammatories is.
Wenk: Knoffel smaak heerlik in alles, van sous tot kerries en sop.
Suurlemoene
Suurlemoene het sterk anti-inflammatoriese eienskappe en kan help om die groei van kankerselle te inhibeer. Hulle bevat ook net soveel vitamien C as lemoene.
Wenk: Voeg ’n skyfie suurlemoen by jou tee of water om gesond en terselfdertyd gehidreer te bly.
Lensies
Lensies bevat baie vesel en proteïene en gee ‘n uitstekende smaak en tekstuur aan enige ete.
Wenk: Voeg by slaaie, sop en bredies.
LEES OOK: Dick de Waal, ’n besonderse mens



