Oupa in hof na hy glo vier minderjariges verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES – ‘n Oupa (46) sal na verwagting vandag in die Brits-landdroshof verskyn weens die vermeende verkragting van vier minderjariges.

“Volgens die inligting wat in hierdie stadium beskikbaar is, het die twee sussies, 9 en 17 jaar oud, saam met hulle niggie (8) by die oupa gebly,”

Slagoffer het aan onderwyser gesê

Die 17-jarige slagoffer het op Woensdag 12 Mei 2021 vir haar onderwyser gesê dat haar oupa haar na bewering verkrag sedert sy in graad 2 was. Daar word ook berig dat die twee jonger meisies na bewering ook deur die verdagte verkrag is.

Oupa het glo al vier meisies verkrag

“Verder het die ma van ‘n 14-jarige meisie, die buurvrou se kind, op Donderdag 13 Mei 2021 ook beweer dat haar dogter deur dieselfde verdagte verkrag is.”

Voorlopige ondersoeke is gedoen en die verdagte is onmiddellik in hegtenis geneem en van vier aanklagte van verkragting aangekla.

LEES OOK: Man se liggaam met hande vasgebind in woonstel gevind

LEES OOK: Carla Koen gevind nadat sy Vrydagmiddag verdwyn het

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.