WES-KAAP. – Thembisile Patekile, die Wes-Kaapse polisiekommissaris, het Sondag aangekondig ‘n aantal polisiebeamptes is na Khayelitsha gestuur nadat daar 13 mense doodgeskiet is en talle beseer is.
Die skietery het Saterdag plaasgevind tydens wat die polisie glo ‘n wraakaanval is wat volg op die moord van ‘n man in een van die afdelings in Khayelitsha.
11 in hegtenis na voorval in Khayelitsha
Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê die lyk van die eerste slagoffer is met ‘n vuurwapen en kontant gevind.
“In ‘n reeks skietvoorvalle is ‘n aantal slagoffers regoor Khayelitsha geskiet. Somaliese burgers was ook onder die slagoffers.”
Volgens die nuutste polisieverklaring is 11 verdagtes vanoggend in hegtenis geneem. “Die verdagtes sal teregstaan op aanklag van moord en poging tot moord. Namate die ondersoek vorder, kan meer aanklagte bygevoeg word.”
LEES OOK: Man se liggaam met hande vasgebind in woonstel gevind
LEES OOK: Carla Koen gevind nadat sy Vrydagmiddag verdwyn het
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



