Groot rol kabels van een ton val op twee werkers

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Groot rol kabels met ‘n gewig van een ton, het omgeval en op twee werkers beland.

Arrive Alive berig die slagoffers is onder die kabelrol uit verwyder en daar is gevind albei het ernstige beserings aan die kop-, nek- en borsarea opgedoen. Hulle is op die toneel deur nooddienste en die Netcare 911-nooddienspersoneel behandel.

Vanweë die aard van een van die pasiënte se beserings is ‘n Netcare 911-helikopter ontbied om die man na ‘n hospitaal te vervoer vir die nodige sorg.

Die tweede slagoffer is op die toneel gestabiliseer en met die Advanced Life Support-ambulans na ‘n hospitaal vervoer.

Foto: Arrive Alive

LEES OOK: Tienermeisie (13) weg toe hulle haar by skool wou gaan haal

LEES OOK: Vermiste vrou (29) se ma ‘siek van bekommernis’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.