PRETORIA – Die Rustenburg Valke se ondersoekspan, die metropolisie en die Gautengse vliegspan, het inligting opgevolg oor ‘n moontlike transitorooftog wat nog in ‘n beplanningsfase was.
Die span het Maandagmiddag 10 Mei 2021 by ‘n huis in die Teme-afdeling, Marikana, toegeslaan. “Drie voertuie, twee Audi’s en ‘n Jeep wat vroeër vanjaar in onderskeidelik die Douglasdale- en Wierdabrug-omgewing gekaap is, is teruggevind. Die eienaar van die huis en sy vrou is onmiddellik in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere en sameswering om ‘n misdaad te pleeg,” sê Lloyd Ramovha, polisiewoordvoerder.
Transitorooftogverdagtes vas
Ondersoek het aan die lig gebring dat dié voertuie na bewering na die huis gebring is wat as ‘n safe house gebruik moes word sodra die rooftog plaasgevind het. Verdere besonderhede van ander verdagtes word opgevolg en hulle sal binnekort in hegtenis geneem word.
Die verdagtes van onderskeideik 41 en 29 jaar oud sal in die landdroshof in Tlhabane verskyn.
LEES OOK: Baba in hospitaal na hy aan tandesny-biltong verstik
LEES OOK: Seun spring by skoolbusvenster uit toe boelies hom na bewering teiken
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



