Facebook word gevra om hul beplaning vir ‘n Instagram-platform vir kinders te staak. Facebook het in Maart aangekondig hulle beplan om ‘n Instagram-platform spesiaal vir kinders te skep. Kinders onder die ouderdom van 13 sal dan toegelaat word om die toep kwansuis op ‘n veilige manier te gebruik.
Brief aan Zukerberg
Volgens GSMerena het ‘n koalisie van 44 Amerikaanse prokureurs-generaal ‘n brief aan Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, onderteken. In die brief word redes uiteengesit en navorsing genoem wat aantoon hoekom Facebook nie moet voortgaan met sy planne om Instagram vir kinders te ontwikkel en te bemark nie.
Nie ‘n goeie plan nie
Daar word aangevoer Facebook het in die verlede keer op keer daarin gefaal om kinders op hul platforms te beskerm. Kinders is nie ontwikkel genoeg om heeltemal die konsep van privaatheid te verstaan nie en kan maklik deur pedofiele geteiken word. Dit sal ook tot kuberafknouery lei.
Op die oomblik word kinders onder die ouderdom van 13 nie op die platform toegelaat nie, behalwe as daar duidelik in die profiel se biografie staan dat die spesifieke profiel deur ‘n ouer hanteer word.
Lees ook: Papegaai het inwoners op hol



