WES-KAAP. – Vyf mense is dood in ‘n ongeluk op die R303 naby Ceres in die Wes-Kaap.
Jandré Bakker, provinsiale woordvoerder van die verkeersafdeling, sê vier voertuie was in die ongeluk betrokke.
Die rede vir die ongeluk is nog onbekend.
In die een voertuig is die manlike bestuurder en al drie sy pasassiers – twee vrouens en ‘n man – dood. Daar is met die man wat in die tweede voertuig was, na die Ceres-hospitaal gejaag. Die derde voertuig se bestuurder kon nie op die toneel gevind word nie.”
Lees ook: Eureka-onderwyseres sterf in motorongeluk
Volgens Bakker was die vierde voertuig ‘n minibustaxi. Die taxi se bestuurder is oorlede en ses van sy pasassiers het beserings opgedoen.
Die omstandighede rondom die ongeluk word ondersoek.

Foto: Julian Jansen, Facebook
Lees ook: Kby-gemeenskap in skok ná dood van geliefde onderwyseres



