Seuntjie (4) koop per ongeluk R37 000 se SpongeBob-roomyse

Seuntjie (4) koop per ongeluk R37 000 se SpongeBob-roomyse (Foto: New York Post)

Seuntjie (4) koop per ongeluk R37 000 se SpongeBob-roomyse (Foto: New York Post)

BROOKLYN. – ‘n Vierjarige seuntjie het per ongeluk sowat R37 000 se SpongeBob SquarePants-roomyse op Amazon gekoop en sy ma se vriendin het ‘n GoFundMe-veldtog begin om die geld vir die roomyse in te samel.

Noah Bryant, die seuntjie wat in Brooklyn, New York, woon, het meer as 900 roomyse op die Amazon-webtuiste gekoop toe hy 51 bokse daarvan bestel het.

Katie Schloss, ‘n eerstejaarstudent aan die NYU Silver School of Social Work, het besluit om Jennifer Bryant, Noah se ma, te help om die geld in te samel.

Die aanvanklike bedrag wat Schloss wou insamel, is 2 619$, maar binne twee dae na die GoFundMe-veldtog geloods is, is daar al 5 745$ ingesamel.

“Ek is so dankbaar vir almal se verbasende ondersteuning en bydrae,” het Noah se ma gesê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *