Drie honde bestorm seuntjie in straat

Deel hierdie storie / Share this story

MIDDELBURG. – ’n Seuntjie (8) is Maandag deur drie honde bestorm en afgetrek grond toe terwyl hy saam met sy ma van die skool af huis toe geloop het.

Priscilla van Dyk, die seun se ma, het aan Middelburg Observer gesê sy en haar seun was op pad huis toe en het net in hulle straat afgedraai toe drie honde, wat by ’n oop hek uitgekom het, haar seun bestorm het.

LEES OOK: ’n Foto wat boekdele spreek!

Hek staan oop

’n Man het glo by die oop hek gestaan en met iemand gesels.

“Hy is vol blou kolle, skaafmerke en rooi plekke, waar die honde hom aan sy bene beetgehad het. Hulle het hom die hele tyd afgetrek en ek moes hom ophelp. Ek het vir hom gesê: ‘Boetie staan op, hulle gaan jou in die gesig byt! Toe die een gaan vir sy nek, het ek hom van Nico af geruk,” het Van Dyk aan Middelburg Observer vertel.

Om hulp geskree

Van Dyk het om hulp geskree en geroep en die man wat by die hek gestaan het, het glo uiteindelik vir die honde geskree om te ‘los’. Die honde is terug op die erf en die hek is toegemaak.

Die man wat in die hek gestaan het, het aangebied om die seun se mediese kostes te betaal.

Man net huurder

Dit blyk dat hy net ’n huurder is en nie die eienaar van die honde nie. Die eienaar het glo die huurder aangespreek.

Die DBV is oor die saak ingelig en het ondersoek ingestel. Volgens senior inspekteur Petro Oberholzer is die honde goed versorg en nie aggressief nie.

LEES OOK: Microblading-nagmerrie: vrou wys wenkbroue vier jaar later

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.