‘Dronk man’ val by krans af, vasgekeer vir 12 ure

Reddingswerkers was besig om van ‘n krans af te abseil toe die man daarin slaag om homself te bevry.

‘Dronk man’ val by krans af, vasgevang vir 12 ure Foto: Arrive Alive

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (58) wat na bewering dronk was, was meer as 12 ure onder by ‘n krans vasgekeer voordat hy gered is.

Die Reaksie-eenheid Suid-Afrika (RUSA) het Dinsdagoggend omstreeks 08:42 ‘n oproep van ‘n lid van die gemeenskap ontvang oor ‘n man in Ezindlovini. Arrive Alive berig die reaksiebeamptes en paramedici van die K9-soek-en-red-eenheid en Emer-G-Med het hulle na die toneel gehaas. Die man was deur digte plantegroei afgesper, maar reddingswerkers kon met hom praat.

“Dronk man” na hospitaal geneem na voorval

Die man het verduidelik dat hy beseer is en in ‘n bos vasgevang was. Reddingswerkers was besig om van ‘n krans af te abseil toe die man daarin slaag om homself te bevry en af te gly na ‘n stroom aan die voet van die krans. Hy is daarna deur lede van die gemeenskap bygestaan.

Daar is toe vasgestel dat die man Maandagaand alkohol gebruik het en toe gegly het terwyl hy op ‘n wal bo die krans gestap het. Hy reken dit was 23:00 toe die voorval plaasgevind het.

Hy het geen ernstige beserings opgedoen nie, maar is per ambulans hospitaal toe geneem.

LEES OOK: KYK: Video waarin vrou glo kind wil ontvoer, het ouers bekommerd

EES OOK: Parkinson-siekte: jong ma (35) dink eers sy het spier seergemaak

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: