Voormalige Spur-hoof in hospitaal na selfdoodpoging

Hy is tans in ‘n kritieke toestand in ‘n hospitaal in Kaapstad.

Voormalige Spur-hoof in hospitaal na selfdoodpoging (Foto: News24)

Voormalige Spur-hoof in hospitaal na selfdoodpoging (Foto: News24)

KAAPSTAD. – Pierre van Tonder (62), voormalige uitvoerende hoof van Spur, is kritiek in die hospitaal na ‘n selfdoodpoging.

Luidens ‘n verklaring wat Spur op 3 Mei uitgereik het, het Van Tonder homself Sondagoggend in sy huis geskiet.

Hy is tans in ‘n kritieke toestand in ‘n hospitaal in Kaapstad.

Lees ook: Hartseer verhaal van 16-jarige Simoné se selfdood

Van Tonder was vir 24 jaar besturende direkteur en uitvoerende hoof by die Spur-groep voor hy in Desember 2020 afgetree het.

Die groep het onder Van Tonder se leierskap gegroei van ‘n groep met 40 restaurante tot ‘n markleier met 631 restaurante in Suid-Afrika en ook restaurante in 17 ander lande.

“Almal by Spur is platgeslaan deur die nuus van ons baie geliefde voormalige kollega en ons doen alles in ons vermoë om sy familie by te staan,” sê Val Nichas, uitvoerende hoof van Spur in die verklaring.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: