‘Boelie’ kry borg
LIMPOPO. – Die 14-jarige leerling wat gister weer in die Thohoyandou-hof in Limpopo verskyn het op aanklagte van aanranding, is op borgtog van R1 500 vrygelaat.
Die meisie is in hegtenis geneem ná ‘n video van die boelie-voorval op sosiale media versprei is.
Die boelie-slagoffer, wat aanhoudend in die video deur die gesig geslaan is, het glo ná die voorval ‘n oordosis pille geneem. Haar ma het later op haar afgekom. Sy is dood verklaar met haar aankoms by die hospitaal.
Haar dood het en maak steeds groot opslae onder die hutsmerk #JusticeforLufuno op Twitter. – eNCA



