Maak só as jy op jou tande kners

Probeer om die rede agter die angstigheid vas te stel.

Maak só as jy op jou tande kners (Foto: Unsplash)

Maak só as jy op jou tande kners (Foto: Unsplash)

Om snags op jou tande te kners, kan ‘n teken van angstigheid wees. Alhoewel jy dit dalk nie altyd besef nie, kan dit ‘n negatiewe impak op jou én jou tande hê.

Hier is ‘n paar maniere om daardie gekners te verminder.

Vermy suiker en kafeïen

Om kafeïen en suiker voordat jy bed toe gaan, te vermy, kan bydra tot ‘n rustiger nag en minder angstigheid, wat dan die gekners ‘n bietjie sal verminder.

Masseer jou gesig

Om jou gesig te masseer, sal help om jou gesigspiere te ontspan. Jy sal op dié manier vinniger agterkom as jy op jou tande byt.

Hoekom is jy angstig?

Probeer om die rede agter die angstigheid vas te stel. Probeer verskeie maniere om van angs of spanning in jou lyf ontslae te raak. Gaan oefen, doen asemhalingsoefeninge of mediteer voordat jy gaan slaap.

Dra ‘n tandbeskermer

Alhoewel dit dalk moeilik kan wees om gewoond te raak om met ‘n tandbeskermer te slaap, sal dit goed wees om te keer dat jou tande nie te veel beskadig word nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: