Sol Plaatje bewus van stakings in Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die Sol Plaatje-munisipaliteit het kennis geneem van die sluiting van paaie met brandende bande en dreigemente teen motoriste deur sommige inwoners, veral in Roodepan-gebiede en dele van Galeshewe.

“Verslae oor die sluiting van die R64 vir Boshof deur informele mynwerkers is ook ontvang. Ons doen ‘n beroep op die verskillende mense in die gemeenskap om van hierdie vorm van protes af te sien. Laat die munisipaliteit toe om te implementeer wat ons in die gedetailleerde besprekings oor dienslewering gesê het,” sê Sello Matsie, woordvoerder, van die Sol Plaatje-munisipaliteit.

Matsie sê die munisipaliteit wil ook graag om verskoning aan die publiek vra, want sommige van hulle dienste soos vullisverwydering word in hierdie gebiede negatief beïnvloed as gevolg van bekommernis oor veiligheid.

LEES OOK: Protesaksie – bly op hoogte, laai die FiNDiT-app af

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.