KIMBERLEY. – Rohland Birch (51), bekende landdros in Kimberley, is Dinsdag oorlede.
Byron Fortuin, Birch se swaer, sê Birch het sy stryd teen Covid-19 verloor.
Birch se vrou, Tanya Birch (51) en hulle 22-jarige dogter, Anya, is steeds in die hospitaal met Covid-19.
Birch het by die Universiteit van die Wes-Kaap studeer en sy loopbaan as aanklaer op Vryburg begin voor hy na Kimberley verhuis het. Hy is in 2019 as distriksmagistraat aangestel.
Sy gedenkdiens is verlede Vrydag gehou en op Facebook uitgesaai.
Hou FiND iT dop vir meer.



