PIET RETIEF. – Die polisie is teenwoordig op Piet Retief waar die verdagtes in die Pampoenkraal-skietery vandag weer in die hof verskyn.
Daniel Cornelius Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Mzikayise Patric Yende (48) word beskuldig van die dood van die twee broers Amos en Zenzele Coka op 9 April.
A.o. Vukile Nhlapo, ondersoekbeampte in die saak, sê ‘n sekuriteitsvideo van die voorval wys die staat se getuies praat nie die waarheid nie.
Hy het gesê die boere en hulle plaaswerkers het rustig voorgekom in die video en die twee broers is nie aangerand nie.
Die ondersoek duur voort. – Netwerk24
Hou FiND iT dop vir meer hieroor.



