Drie dood, 27 beseer, N2 gesluit

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Drie mense is vanoggend dood en 27 beseer toe ‘n voertuig wat werknemers vervoer, in ‘n botsing met ‘n voertuig wat swaar goedere vervoer, betrokke was.

Die ongeluk het op die N2 tussen Zinkwazi en die Tugela-brug plaasgevind.

Daar is tans 27 beseerdes op die toneel, wie se beserings wissel van matig tot ernstig. Ses van die 27 mense het ernstige beserings opgedoen. Drie persone is noodlottig beseer. Paramedici en reddingspanne is besig op die toneel om beseerdes te ondersoek.

Die N2 na Stanger is gesluit en mediese helikopters is besige om kritieke pasiënte na ‘n hospitaal te vervoer.

LEES OOK: Ongeluk eis vyf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.