Oscar-toekenning vir ‘My Octopus Teacher’

Deel hierdie storie / Share this story

My Octopus Teacher, wat verlede jaar die eerste Suid-Afrikaanse dokumentêr geword het wat as ‘n oorspronklike Netflix-produksie te sien is, het Sondagaand ‘n Oscar-toekenning vir beste dokumentêr ontvang.

Pippa Ehrlich en James Reed, mederegisseurs, het dié toekenning in Los Angeles ontvang.

Foto: BusinessLIVE

Die dokumentêr, wat handel oor ‘n seekat wat ‘n baie sterk band met ‘n diepseeduiker ontwikkel, is die eerste bekroonde natuurdokumentêr sedert The Cove in 2010.

“Ek is heeltemal oorweldig deur iets wat ons nooit gedink het moontlik is nie. Hierdie is op soveel maniere ‘n baie klein en persoonlike storie wat afgespeel het in ‘n kelpwoud aan die punt van Afrika,” sê Ehrlich. “Ek hoop dat dit ‘n blik op die anderste tipe verhouding tussen die mensdom en die natuur sal gee.”