Bejaarde (90) verloor R455 miljoen na telefoonoproep

Deel hierdie storie / Share this story

HONG KONG – ‘n Bejaarde vrou (90) van hier het R455 miljoen (HK$250 miljoen) verloor na vemeende bedrieërs wat hulle as Chinese amptenare voorgedoen het, haar gekontak het.

Persone, wat hulself glo voorgegee het as Chinese amptenare vir openbare veiligheid, het die bejaarde vrou gekontak. Hulle het beweer haar identiteit is in ‘n ernstige strafsaak in China gebruik.

Daar is na bewering toe aan haar gesê dat sy geld van haar bankrekening na een van die “ondersoekspanne” se rekeninge moet oorplaas sodat dit in bewaring gehou kan word, berig die South China Morning Post.

Bejaarde verloor miljoene in vyf maande

Die polisie het aan oorsese media gesê ‘n paar dae later het ‘n persoon met ‘n selfoon en SIM-kaart by die vrou se huis opgedaag sodat hulle met die vermeende sekuriteitsagente kon kommunikeer wat haar oortuig het om 11 bankoorplasings te doen.

Die bejaarde vrou het oor meer as vyf maande altesaam R455 miljoen (HK$250 miljoen) aan die bedrieërs gegee.

Die polisie is deur die slagoffer se dogter gekontak nadat die bejaarde se helper agterdogtig geraak het. ‘n Verdagte is kort daarna in hegtenis geneem.

LEES OOK: Man en vrou los glo baba onder boom naby busstop

EES OOK: Pa slaan vier maande oue baba dood omdat sy nie wil ophou huil nie

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.