Vermeende bankkaartdiewe in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT – Drie verdagtes is Woensdag 31 Maart 2021 in hegtenis geneem nadat hulle glo betrokke was by gesteelde bankkaarte.

LEES OOK: Seun vermis na brander hom omslaan

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê lede van die polisie het ’n voertuig by die Boitumelo Mall opgelet wat teen ’n hoë spoed weggejaag het. Kort daarna het kopers by die mall die polisielede genader en gesê die verdagtes het hulle bankkaarte gesteel.

Die polisie het die voertuig agtervolg en drie verdagtes van onderskeidelik 25, 30 en 33 jaar oud in hegtenis geneem.

LEES OOK: Riverton-wateraanleg in die herstelproses