April 17, 2021

Veiligheidsbeampte deur motor gestamp nadat boewe hom met mes steek

VANDERBIJLPARK.- Lerato Siyoko, 'n 23-jarige veiligheidsbeampte van Afri-Guard Security is vanoggend oorlede toe hy probeer het om agter drie vermeende kriminele aan te hardloop.

VANDERBIJLPARK.- Lerato Siyoko, 'n 23-jarige veiligheidsbeampte van Afri-Guard Security is vanoggend oorlede toe hy probeer het om agter drie vermeende kriminele aan te hardloop. (Foto: 90.6 Fm News)

VANDERBIJLPARK.- Lerato Siyoko, ‘n 23-jarige veiligheidsbeampte van Afri-Guard Security is vanoggend oorlede toe hy probeer het om agter drie vermeende kriminele aan te hardloop.

Volgens Triptiek se Facebook-blad is die veiligheidsbeampte vanoggend na 07:00 oorlede. Vier verdagtes het vannogend by die Triptiek-slaghuis vleis met ‘n gesteelde bankkaart probeer koop. Die kassier het dit opgelet en alarm gemaak.

Siyoko het die verdagtes probeer aankeer en is in die proses gesteek. Hy het die verdagtes heldhaftig agternagesit, maar is voor die slaghuis deur ‘n voertuig raakgery. Een verdagte het in ‘n ander voertuig weggejaag en drie verdagtes het te voet van die toneel gevlug.

Medelye op Triktiek se Facebook-blad stroom in vir Siyoko .

“Baie hartseer. Ek het my self gevra gister waar is jy toe ek daar was, jy het my altyd gehelp met ‘n glimlag op jou gesig. Rus in perfekte vrede Lerato. – Jeannete Thuli

“RIP Siyoko, jy was altyd vriendelik. Ek is altyd een van die laaste wat op ‘n Saterdag daar aankom en ons het altyd grappies daaroor gemaak. Met ‘n vriendelike siel soos joune sal jy regtig gemis word. Mag God sy hand oor jou gesin hou gedurende hierdie moeilike tyd.”- Daphne du Toit

Lees ook: Kind (12) vermoor, liggaamsdele vermis(Opens in a new browser tab)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: