April 18, 2021

Paasnaweek – Sorg só dat die bestuurder van jou motor gemaklik is

Maak ‘n punt daarvan om gereeld te stop en bene te strek.

Paasnaweek - Sorg só dat die bestuurder van jou motor gemaklik is

Paasnaweek - Sorg só dat die bestuurder van jou motor gemaklik is Foto: Unplash.com

Die paasnaweek is hier en die meeste maak gereed om die pad na hulle vakansieverblyf of familie aan te pak.

Die paaie kan kan rondom paasnaweek baie besig wees. Wat kan jy doen om die rit vir almal in die motor te vergemaklik? Wat kan jy doen om almal veilig te laat bly?

Wees uitgerus
Die bestuurder moet ‘n goeie nag se rus agter die rug hê. Indien moontlik maak seker daar is meer as een bestuurder beskikbaar. Sê dadelik vir een van jou mede-bestuurders as jy moeg word van bestuur.

Koue water en peuselhappies
Hou koue water in ‘n bottel wat maklik is om uit te drink sodat die bestuurder nie sy oë van die pad af hoef te haal nie. Bied ook gereeld peuselhappies aan wat maklik is om te eet.

Kry jou playlist reg
Mens kan maklik verveeld en moeg raak indien daar ‘n stilte heers. Speel sagte musiek in die motor waarna almal wil luister.

Stop gereeld
Maak ‘n punt daarvan om gereeld te stop en bene te strek. Al stop jy net langs die motor en loop 20 treë en weer terug.

LEES OOK: AfriForum help paartjie wat deur ‘sekuriteitsmaatskappy geïntimideer, aangerand’ is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: