April 19, 2021

AfriForum help paartjie wat deur ‘sekuriteitsmaatskappy geïntimideer, aangerand’ is

Hy voel sterk die polisie is daar om mense in die land te beskerm.

AfriForum help paartjie wat deur ‘sekuriteitsmaatskappy geïntimideer, aangerand’ is

AfriForum help paartjie wat deur ‘sekuriteitsmaatskappy geïntimideer, aangerand’ is Foto:Skermgreep uit video

AfriForum het besluit om in te tree nadat ‘n video waarin ‘n man in die Witrivier-polisiestasie geslaan en rondgesleep word, versprei het. Hulle het in ‘n verklaring bevestig hulle help die man en vrou om strafregtelike klagte in te dien.

“Dié voorval het in die teenwoordigheid van polisielede by die Witrivier-polisiestasie plaasgevind. Die polisielede het aanvanklik geweier om dié klagte aanhangig te maak “ lui die verklaring verder.

“Kan nie net so gelos word nie.”

sê AfriForum

LEES OOK: KYK: Video wys man by Witrivier-polisiekantoor geslaan en rondgesleep

Die burgerregteorganisasie sê verder behalwe vir die bogenoemde gaan hulle ook die paartjie help om ’n klagte by PSiRA (Private Security Industry Regulatory Authority) teen die beweerde sekuriteitsbeamptes in te dien.

“Indien hierdie booswigte wat die paartjie so getraumatiseer het wel sekuriteitsbeamptes is, druis hulle optrede teen die hele wese van die PSiRA-gedragskode in. Hulle gedrag is eenvoudig onaanvaarbaar,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid.

Kamfer voel dié soort optrede kan nie met daar gelos word nie. Hy voel sterk die polisie is daar om die mense van die land te beskerm.

Die video het oornag duisende mense op Facebook bereik. Die video is oorspronklik deur Delia Jordaan gedeel. In die beskrwying by die video sê sy die man in die video is haar kêrel.

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: