Nieu-Seeland gee nou betaalde verlof na miskraam tydens enige semester van die swangerskap

Deel hierdie storie / Share this story

NIEU-SEELAND. – Die Nieu-Seelandse parlement het die week die wetgewing goedgekeur wat paartjies wat ‘n miskraam of stilgeboorte ondervind het, drie dae betaalde verlof gee.

Party lande kry reeds verlof, maar met voorwaardes

Soos in sommige ander lande, het werknemerouers in Nieu-Seeland reeds betaalde verlof gekry wanneer hulle ‘n stilgeboorte ondervind het of wanneer ‘n fetus na 20 weke of langer gesterf het. Dié nuwe wetgewing sal die verlof uitbrei na enigiemand wat op enige stadium ‘n swangerskap verloor sonder die vorige voorwaardes.

Nieu-Seeland se nuwe wet tree dan in

In Australië is mense wat ;n miskraam het, geregtig op onbetaalde verlof indien hulle na 12 weke ‘n fetus verloor. In Brittanje wanneer voornemende ouers na 24 weke ‘n doodgeboorte ervaar, kan hulle aansoek vir betaalde verlof doen. Die Verenigde State vereis nie dat werkgewers verlof gee vir enigiemand wat ‘n miskraam het nie.

Die nuwe wet sal binne die volgende paar dae intree.

LEES OOK: Masker vir jou neus, sal jy so een dra?

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.