Masker vir jou neus, sal jy so een dra?

Deel hierdie storie / Share this story

Hierdie masker vir jou neus, wat handig te pas sal kom wanneer jy jou gesigmasker in ‘n restaurant moet afhaal, is deur ‘n Mexikaanse ontwerper ontwerp.

Hierdie masker moet onder jou gewone masker gedra word. Wanneer jy dan jou gesigmasker in ‘n openbare plek afhaal om iets te eet of te drink, sal jou neus steeds bedek wees.

Die tipe maskers is glo nog nie beskikbaar nie, maar sal binnekort gekoop kan word.

LEES OOK: Hector heel oukei, sê eienaar na video oor beweerde dieremishandeling

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Bron: Reuters