April 18, 2021

19-jarige gee homself oor, polisie vind liggaam in vlak graf

Die slagoffer is op 21 Maart 2021 by Wentworth-polisie as vermis aangemeld.

19-jarige gee homself oor, polisie vind liggaam in vlakgraf

19-jarige gee homself oor, polisie vind liggaam in vlakgraf Foto: Verskaf, SAPS

DURBAN. – Die polisie het ‘n liggaam van ‘n vrou in ‘n vlak graf gekry nadat ‘n 19-jarige homself oorgegee het.

“Hy het aan die polisie gesê hy het die liggaam van ‘n vrou op die Engelbrechtweg in Wentworth begrawe,” sê kapt. Nqobile Gwala. Die Wentworth-polisie het dadelik gereageer. Die verdagte het die polisie na die genoemde plek geneem waar hy gewys het waar hy glo die liggaam begrawe het. Polisiebeamptes van die Durban Search and Rescue, tesame met ander rolspelers, is ook in kennis gestel en na die toneel ontbied.

19-jarige verskyn vandag in hof

Kapt. Gwala sê ‘n lyk van ‘n vrou wat effens verbrand is, is deur die polisiebeamptes uit die vlak graf opgegrawe.

Die nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal. Langs die vlak graf is ‘n blikoopmaker gevind, berig die polisieverklaring.

Die slagoffer is op 21 Maart 2021 by Wentworth-polisie as vermis aangemeld. Die verdagte is in hegtenis geneem op aanklag van moord. Hy sal van in die landdroshof in Durban verskyn.

LEES OOK: KYK: Man in tradisionele klere glo gevra om winkelsentrum te verlaat

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: