Diere in ‘n sirkus – ‘n hartseer prentjie

Was jy ook altyd opgewonde om na die sirkusdiere te gaan kyk? Die vrou met die slange, die leeus en die mooi olifante? Baie mense voel die mensdom het baie wyser geraak en moet nou kan sien hoe wreed dit is om diere in sirkuse aan te hou.

(Foto: DW) Was jy ook altyd opgewonde om na die sirkusdiere te gaan kyk? Die vrou met die slange, die leeus en die mooi olifante? Baie mense voel die mensdom het baie wyser geraak en moet nou kan sien hoe wreed dit is om diere in sirkuse aan te hou.

Was jy ook altyd opgewonde om na die sirkusdiere te gaan kyk? Die vrou met die slange, die leeus en die mooi olifante? Baie mense voel die mensdom het baie wyser geraak en moet nou kan sien hoe wreed dit is om diere in sirkuse aan te hou.

Michelle Reinhard sê: “Diere moenie vir geld uitgebuit word nie. Om wilde diere truuks te laat doen, hul bewegingsvryheid te beperk, in klein hokke te vervoer, voortdurend aan vreesaanjaende geluide en reuke te onderwerp. Dit is veragtelik.”

Johan van der Westhuizen stem saam met die feit dat geen dier uitgebuit moet word vir menslike vermaak nie. “Dit geld vir sirkusse, dieretuine en akwariums. As jy ‘n goeie voorbeeld wil hê van hoe ‘n sirkus buitengewoon gewild kan wees sonder diere, kyk dan na Cirque du Soleil. Dit is ‘n argaïese gedagte om te dink dat ons wilde diere moet vang om truuks te doen. Het jy nie Netflix nie ?!”

Noddy Minnie voel egter dit skep werk en ontspanning, solank die diere net goed versorg word.

Joey van Eeden sê die diere word vir jare lank geleer om toertjies te doen en nou wil ons hulle nie meer sien nie. “Wys ons sirkusdiere. Hulle is jare geleer en gewoond daaraan en nou stel mense nie belang nie. Ek wil hulle graag sien. Stem net nie saam as hulle mishandel word nie.”

Meeste van FiND iT se lesers wat gereageer het op die “Is jy vir of teen die gebruik van diere in ‘n sirkus?“-storie, voel dit is wreed om diere in hokke aan te hou en hul te forseer om toertjies te doen. Talle mense sê dat alhoewel hulle dit eens geniet het, het hul nou wyser geraak en weet dat diere misbruik word in hierdie situasie. Meeste van die reaksies vra dat diere in sirkuse verban moet word.

Foto: Ban Animal Trading South Africa
Foto: Ban Animal Trading South Africa

Lees ook: Hoekom wil die muskiete my nie uitlos nie?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *