Twee tieners vas na 11-jarige se liggaam gevind is

Deel hierdie storie / Share this story

POLOKWANE. – Twee tieners, albei 15 jaar, is in hegtenis geneem na ‘n 11-jarige verdwyn het en sy liggaam later gevind is.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die twee tieners het glo die slagoffer genooi om saam met hulle sokker te speel. Volgens Mojapelo is hy later as vermis aangegee.

Twee tieners verskyn in hof

“Die polisie se ondersoek het daartoe gelei dat die slagoffer se selfoon in die besit van die twee minderjariges gevind is.”

Die polisie het later op die slagoffer se lyk afgekom. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Seshego-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

LEES OOK: KYK: Video waarin ‘honde-oppassers’ hond glo mishandel veroorsaak oproer

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.