Inspirasie vir die dag – Staan op voor die son opkom
Nog beter, jy sal daardie nag soos ’n droom slaap.

Inspirasie vir die dag – Staan op voor die son opkom
Mens besef nie altyd hoe kort die lewe is nie. Daar is so baie voordele daaraan om vroeg op te staan. Die beste tyd om die goed te doen waarvoor jy lief is en nooit voor tyd kry nie, is om op te staan voor die son opkom.
Dit gee jou ’n gevoel van vryheid wat jy dalk jare laas ervaar het. Jy sal duideliker gedagtes hê terwyl jy rustiger en gemotiveerd voel. Nog beter, jy sal daardie nag soos ’n droom slaap.
LEES OOK: Skenk jou eiers en maak ’n droom werklik
Hier is ’n paar voordele van vroeg opstaan:
- Tyd vir jouself.
- ’n Goeie begin aan jou dag.
- Rustigheid.
- Stilte.
- Tyd vir ontbyt.
- Jy kan die son sien opkom.
- Jy kan tyd hê om jou doelwitte uit te lê.
- Tyd hê om te oefen.
- Jy sal deur die dag meer produktief wees.