April 19, 2021

Skenk jou eiers en maak ’n droom werklik

Spesialiste sal ’n intensiewe keuringsproses uitvoer om ’n geskikte skenker te vind en sal die wetlike proses noukeurig deurvoer.

Skenk jou eiers en maak ’n droom werklik

Skenk jou eiers en maak ’n droom werklik

Eierskenking  is wanneer ’n vrugbare vrou een of meer van haar eiers aan ’n ander vrou skenk om haar te help om swanger te raak. Dit is deel van ondersteunde voorplantingstegnologie en het al baie vrouens wat sukkel om swanger te raak gehelp om hulle drome om ’n mamma te word, te bewaarheid.

Die prosedure sluit gewoonlik in dat ’n dokter die eier of eiers van ’n vrou verwyder en dit in ’n laboratorium bevrug. Die bevrugte eier word dan deur in vitro-bevrugting (IVF) in die uterus van die vrou wat wil swanger word geplaas. Statistieke volgens medicalnewstoday.com het bewys dat die prosedure tot 49.4 – 50% geboortes lei.

Wat behels dit?

Spesialiste sal ’n intensiewe keuringsproses uitvoer om ’n geskikte skenker te vind en sal die wetlike proses noukeurig deurvoer. Sekere faktore kan ’n vrou se vermoë om te skenk bepaal. Hierdie faktore verhoog die waarskynlikheid van ’n suksesvolle swangerskap en verminder die risiko van aangebore afwykings.  

  • Donateurs is gewoonlik tussen die ouderdom van 21 – 35 jaar. Vrouens in hierdie ouderdomsgroep is geneig om beter te reageer op vrugbaarheidsmedikasie. Hulle het ook gewoonlik ’n beter kwaliteit en kwantiteit eiers.
  • Donateurs moet geen infeksies hê, soos MIV/VIGS of Hepatitis c nie.  Hulle moet ook nie ’n hoë risiko hê vir genetiese siektes soos sistiese fibrose nie.
  • Donateurs moet ’n volledige mediese agtergrond kan verskaf.
  • Sekere programme gee voorkeur aan vrouens wat alreeds eiers geskenk het of alreeds geboorte gegee het.
  • Betroubare programme bied ’n streng siftingsproses om die risiko van aangebore afwykings en ander komplikasies te verminder.

Keuringsproses sluit die volgende in

  • Aansoek
  • Onderhoud
  • Fisiese ondersoek deur ’n dokter
  • Bloedtoetse
  • Dwelmtoets
  • Sonar
  • Sifting vir aansteeklike siektes
  • Sifting vir oorerflike siektes

Eierskenking kan ’n emosionele proses vir die skenker en die ontvanger wees. Dit is hoekom donateurs ook deur ’n sielkundige sifting moet gaan voordat hulle kan skenk.

Daar sal ook van jou verwag word om ’n dokument te teken wat jou bewus maak dat jy geen reg of verantwoordelikheid het vir enige embrio’s of kinders wat uit die prosedure kan ontstaan nie.

LEES OOK: Man (91) in hegtenis wat glo vriendin se dogter verkrag

Die prosedure

Voordat die prosedure gedoen kan word, sal donateurs medikasie moet neem wat hulle maandstonde sal stop. Dit kan ook newe-effekte hê soos warmgloede, kopseer, moegheid en lyfpyn.

Die donateur sal dan ’n reeks vrugbaarheidsmedikasie moet neem wat die stimulasie van die eierstokke bevorder om verskeie eiers op dieselfde tyd te produseer. Donateurs sal die medikasie self onder die vel moet inspuit.  Die neweeffekte van die vrugbaarheidsmedikasie kan buierigheid en seer borste inhou.

Kort voor die prosedure sal donateurs ’n laaste inspuiting ter voorbereiding ontvang. Die dokter sal ’n transvaginale ovariale aspirasie doen om die eiers te verwyder. ’n Vaginale sonar sal gedoen word en die eiers met ’n naald uit elke follikel verwyder word. Die prosedure duur ongeveer 30 minute onder kalmeermiddels of narkoseDit is ’n klein prosedure en donateurs sal nie oornag in die hospitaal hoef te bly nie. Meeste keer die volgende dag terug werk toe.

Indien jy daaraan dink om jou eiers te skenk en ’n lewe te verander, kan jy jou naaste vrugbaarheidskliniek

LEES OOK: Hoekom gladdejantjies (smoothies) goed is vir jou

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: