April 21, 2021

Hoekom gladdejantjies (smoothies) goed is vir jou

Gladdejantjies saam met ontbyt is ‘n uitstekende manier om water-verlies in jou liggaam aan te vul.

Hoekom gladdejantjies (smoothies) goed is vir jou

Hoekom gladdejantjies (smoothies) goed is vir jou

‘n Voedsame drankie laat jou dag goed begin – dit verskaf energie wat jy nodig het om heeldag aan die gang te bly.

Gladdejantjies smaak nie net heerlik nie, dit is oor propvol voedsaamheid wat ‘n gesonde liggaam benodig.

LEES OOK: Australiërs gewaarsku teen massas spinnekoppe wat skuiling soek

Help jou gewig verloor

Gladdejantjies help jou van oortollige gewig ontslae raak, sonder om maaltye oor te slaan.

Vrugte en bessies wat hiervoor gebruik word, hou jou kerngesond. Die ensieme daarin help om liggaamsvet te verbrand en ook om jou spysverteringstelsel skoon te hou.

Voorkom ontwatering

Gladdejantjies saam met ontbyt is ‘n uitstekende manier om water-verlies in jou liggaam aan te vul.

LEES OOK: Verskeie paaie na Kimberley deur optogte gesluit

Laat jou versadig voel

Mense wat gewig wil verloor, is geneig om ontbyt oor te slaan – maar dan peusel hulle gereeld tussen maaltye. Om dit te vermy, beveel kundiges gladdejantjies aan wat van vars en geurige vrugte en groente gemaak is. Di thou jou lank versadig.

Beheer eet-drange

Baie proteïne, saam met baie ander voedingstowwe, onderdruk jou drang om te eet en hou jou weg van gemorskos.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: