April 21, 2021

Hoekom almal nie van jou hoef te hou nie

Sekere persone sal eenvoudig nie van jou hou nie, maak nie saak wat jy doen nie.

Hoekom almal nie van jou hoef te hou nie

Hoekom almal nie van jou hoef te hou nie

Jy het jou eie unieke persoonlikheid, wat beteken sommige mense sal jou liefhê en waardeer, terwyl ander miskien nie sal nie. Jy hou tog sekerlik nie van elke persoon wat jy ontmoet nie? So ook kan elke persoon wat jy ontmoet nie van jou hou nie. Die goeie nuus is – almal hoef nie van jou te hou nie.

LEES OOK: Trok slaan om op R31

Sekere persone sal eenvoudig nie van jou hou nie, maak nie saak wat jy doen nie. Maak nie saak hoe goed jy dink jy is nie, jy sal nie elke persoon wat jy ontmoet, kan wen nie.

Hou in gedagte dit is normaal en gesond om van tyd tot tyd verwerping te ervaar. Al is dit nie lekker nie, is dit ’n goeie manier om te weet wie werklik jou regte vriende is. Net soos verwerping in ’n verhouding die potensiaal oopstel om ’n nuwe, beter maat te vind, stel verwerping in vriendskappe die potensiaal oop om dieper verbintenisse te maak. Boonop is dit bemagtigend om nie bang te wees om verwerp te word nie.

Een van die bevrydendste dinge wat jy in die lewe kan leer, is dat ons nie van almal hoef te hou nie en almal hoef nie van ons te hou nie.

Is jy een van daai mense wat aanvaarding van ander nodig het? Moenie jou kosbare tyd en gawes mors om mense van jou waarde te oortuig nie; hulle sal nooit wil hê wat jy kan gee nie.

LEES OOK: Veiligheidswag gebrand, dood by busstasie gevind

Dit is natuurlik nie altyd maklik nie. Dit kan diep in jou psige wees, om te dink oor wat ander van jou dink en hoe hul menings voor jou eie moet kom. Dit hoef nie so te wees nie. Hoe meer tyd jy aan jouself bestee, hoe meer sal jy sien jou tipe mense sal na jou toe kom. Dit sal dalk nie oornag gebeur nie, maar dit is geen rede om op te gee nie.

Die wêreld sal altyd vol mense wees wat, ongeag wat jy doen, nooit van jou sal hou nie. Maar dan is die wêreld ook vol mense wat jou ongelooflik baie sal liefhê!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: