April 21, 2021

Tuisgemaakte Peppermint Crisp-roomys – resep

Klits die room in ’n aparte bak tot styf.

Tuisgemaakte Peppermint Crisp-roomys – resep

Tuisgemaakte Peppermint Crisp-roomys – resep

Daar is niks so lekker soos tuisgemaakte roomys nie. Hier is die perfekte resep vir smullekker Peppermint Crisp-roomys.

LEES OOK: Verkeerde onderdele lei tot lewenslange liefde

Bestanddele:

  • 1l vars room
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 pakkie Toppers Choc Mint-koekies (gerasper)
  • 2 groot Peppermint Crisp-sjokolades (gerasper)

Metode:

  • Klits die kondensmelk in ’n klein bakkie met ’n  elektriese klitser vir ’n  paar sekondes.
  • Klits die room in ’n aparte bak tot styf.
  • Vou die kondensmelk versigtig by die room in.
  • Laat die mengsel bietjie verkoel in die vrieskas terwyl jy die ander bestanddele rasper.
  • Meng ¾ van die gerasperde bestanddele by die room-en-kondensmelkmengsel.
  • Gooi alles oor in ’n 2l-roomysbak.
  • Strooi laaste van die gerasperde bestanddele oor die roommengsel.
  • Plaas in die vrieskas vir minstens vyf ure.
  • Geniet!

LEES OOK: Kimberley se Wikipedia-blad sluit slaggate en lekkende pype in

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: