April 19, 2021

Hoekom jy jou diere moet laat inent

Daar is niks so hartseer soos om ’n geliefde troeteldier aan ’n siekte af te staan wat jy met ’n inenting kon voorkom nie.

Hoekom jy jou diere moet laat inent

Hoekom jy jou diere moet laat inent

Troeteldiere, soos mense, kan deur inenting teen sommige siektes beskerm word. Veeartse wil hê elke troeteldiereienaar moet weet hoe belangrik dit is om troeteldiere te laat inent. Troeteldiere-inentings speel ’n belangrike rol om jou troeteldier gesond te hou. Daar is niks so hartseer soos om ’n geliefde troeteldier aan ’n siekte af te staan wat jy met ’n inenting kon voorkom nie.

LEES OOK: Die beste bloubessiekoekies ooit

Hier is die redes hoekom jy jou diere teen siektes moet laat inent:

  • Die inenting van jou troeteldier kan ook die verspreiding van sekere siektes, soos hondsdolheid, na jou gesin voorkom.
  • Inentings het die dood van miljoene diere in die afgelope eeu verhoed.
  • Troeteldier-inentings help om siektes van troeteldiere te voorkom en kan jou help om duur behandeling vir voorkombare dieresiektes te vermy.
  • Vir die meeste troeteldiere is inenting effektief en sal toekomstige siektes voorkom.
  • Baie jong hondjies en katjies is baie vatbaar vir aansteeklike siektes.
  • Wanneer jy reis en jou troeteldier saamneem, na hondeparke gaan of jou hond na ’n versorgingsalon neem, kan dit deur die instansie vereis word. Dit beskerm jou diere teen aansteeklike siektes en voorkom die onbedoelde verspreiding daarvan.

LEES OOK: Ma en drie kinders oorlede na sy insekdoder spuit

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: