April 19, 2021

Biltongbraaibroodjie – resep

Hier is ’n heerlike resep vir biltongbraaibroodjies.

Biltongbraaibroodjie – resep

Biltongbraaibroodjie – resep

’n Braaibroodjie is altyd die mees ikoniese item op die spyskaart by enige braai. As jy vanaand gaan braai, probeer bietjie vir ’n slag iets anders. Hier is ’n heerlike resep vir biltongbraaibroodjies.

LEES OOK: Kimberley se Wikipedia-blad slui slaggate en lekkende pype in

Bestanddele:

  • 1 sopiemaat (25ml) olyfolie
  • 2 rooi uie, in skywe gesny
  • 1 sopiemaat sagte bruinsuiker
  • 1 sopiemaat balsemiekasyn
  • 1 koppie biltong, fyngekap
  • 1 koppie gewone roomkaas
  • 1 koppie wit cheddarkaas, gerasper
  • 12 snye witbrood
  • Botter om aan die buitekant van die brood te smeer

Metode:

  • Verhit olie in ’n pan en braai die uie tot sag.
  • Voeg die suiker en balsemiekasyn by die uie en laat prut dit op lae hitte vir ongeveer 15 – 20 minute totdat die uie soet en klewerig is. Sit eenkant om af te koel.
  • Smeer die buitekant van die brood met botter.
  • Smeer ’n lekker dik laag roomkaas aan die een kant van die brood.
  • Sit gekarameliseerde uie en biltong bo-op.
  • Strooi laastens die gerasperde kaas oor en bedek met nog ’n sny brood wat aan die buitekant met botter gesmeer is.
  • Die broodjies is nou gereed om oor die kole gebraai te word. Braai totdat die brood bruin is en die kaas binne gesmelt is.

LEES OOK: Polisie soek verdagte wat kind van fiets af ry

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: