April 17, 2021

YouTube Kids- Laat jy jou kinders toe om dit te gebruik?

Dink jy dit is veilig genoeg om jou kind toe te laat om YouTube Kids te gebruik sonder toesig?

Dink jy dit is veilig genoeg om jou kind toe te laat om YouTube Kids te gebruik sonder toesig? (Foto: YouTubefilter)

Baie ouers maak gebruik van die YouTube Kids-toep om hul kinders te vermaak. Hierdie platform is veronderstel om veilig te wees vir die gebruik deur kinders. Met hierdie toep kan hulle hulself vermaak deur na video’s te kyk.

Dink jy dit is veilig genoeg om jou kind toe te laat om YouTube Kids sonder toesig te gebruik?

Volgens Huffpost is dit ’n prettige platform waar kinders opvoedkundige video’s en ure se vermaak kan geniet. Die platform is veronderstel om kinders weg te hou van die normale Youtube, waar kinders aan onvanpaste inhoud blootgestel kan word.  

Wat ouers dink van YouTube Kids

Die meeste ouers dink die inhoud wat op Yutube Kids is, is 100% veilig vir hul kinders. Ook dat dit noukeurig deur verantwoordelike persone deurgegaan is en gekies is vir gebruik op die kinderplatform.

Dis ongelukig nie waar nie

Youtube Kids is tegnies ’n portaal vir die hoof YouTube-platform. Deur gebruik te maak van outomatiese analise word die kinderprogramme en video’s na YouTube Kids gefiltreer. Dit alles is goed en wel, behalwe die feit dat onvanpaste video’s ook hul weg deur die portaal kan vind.

Gebruikers het al video’s wat kinders blootstel aan naaktheid, godslastering en alkohol teëgekom. Sulke video’s kan wel geblokkeer word en gerapporteer word.

Lees ook: Kan appelasyn jou laat gewig verloor?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: