Kan appelasyn jou laat gewig verloor?

Deel hierdie storie / Share this story

Appelasyn word deur baie mense gesien as ‘n hulp met gewigsverlies.

Daar word spesifiek geglo dis iets wat jou kan help om van maagvetjies ontslae te raak.

Alhoewel baie produkte hulself so adverteer, kan gewigsverlies nie tot een plek beperk word nie. Om gewigsverlies op jou maag te sien terwyl jy nié op ander plekke ook gewig verloor nie, is nie moontlik nie.

Lees ook: Meghan klap glo deur in Catherine se gesig toe

Hoekom appelasyn jou sal help gewig verloor

Appelasyn werk as ‘n eetlusdemper en dra dus op daardie manier by tot gewigsverlies. Daar is nog geen bewyse dat appelasyn vet verbrand nie, maar dit verhoed wel gewigstoename mits jy nie steeds te veel eet nie!

Die appelasyndieet

Om ‘n paar keer per dag twee of drie teelepels appelasyn saam in ‘n bietjie water op te los en te drink, saam met ‘n gesonde dieet, kan beslis tot jou gewigsverlies bydra.

Lees ook: Hoërskoolmeneer sterf in sy klaskamer