April 21, 2021

Minkie’s ark of rescue smeek om hulp terwyl sy diere help

STRYDENBURG.- Minkie van Vuuren se Facebook-blad, Minkie's ark of rescue, wys foto's van die wrede dade wat aan haar hondekinders gedoen word. Dit gebeur ten spyte van die feit dat sy haar gemeenskap se diere bystaan en ‘n veilige hawe vir hulle bied.

STRYDENBURG.- Minkie van Vuuren se Facebook-blad, Minkie's ark of rescue, wys foto's van die wrede dade wat aan haar hondekinders gedoen word. Dit gebeur ten spyte van die feit dat sy haar gemeenskap se diere bystaan en ‘n veilige hawe vir hulle bied. (Foto:Minkie)

STRYDENBURG.- Minkie van Vuuren se Facebook-blad, Minkie’s ark of rescue, wys foto’s van die wrede dade wat aan haar hondekinders gedoen word. Dit gebeur ten spyte van die feit dat sy haar gemeenskap se diere bystaan en ‘n veilige hawe vir hulle bied.

Die eerste voorval het omtrent drie jaar gelede plaasgevind toe Minkie 27 katte weens vergiftiging aan die dood afgestaan het. Op die negende Maart vanjaar het sy haar Boerboer-Pitbull-kruising verloor, na dié op een of ander manier stukke glas ingekry het. Foto’s van die bloed wat uit die hond se neus en mond kom, getuig van die wreedheid van die daad.

(Foto: Minkie)

Gisteroggend het sy haar drie-en-‘n-hallfjarige Duitse herdershond, Nikita, gegroet. “Daar het swart ontlasting by haar uitgekom, dit het soos teer gelyk.” Die veearts het bevestig dat Nikita vergiftig is.

STRYDENBURG.- Minkie van Vuuren se Facebook-blad, Minkie’s ark of rescue, wys fotos van die wrede dade wat aan haar honedkinders gedoen word, tenspyte van die feit dat sy haar gemeenskap se diere bystaan en ‘n veilige hawe vir diere bied.
STRYDENBURG.- Minkie van Vuuren se Facebook-blad, Minkie’s ark of rescue, wys foto’s van die wrede dade wat aan haar honedkinders gedoen word, ten spyte van die feit dat sy haar gemeenskap se diere bystaan en ‘n veilige hawe vir hulle bied.

Tans probeer Van Vuuren om die draadheinings om die hondehawe hoër te maak in ‘n poging om die diere veilig te hou.

Minkie help die gemeenskap met liefde

Van Vuuren is ’n diereliefherber en het Minkie’s Ark of rescue gestig in ’n poging om diere in haar omgewing te help. Sy ontvang dikwels diere met beserings of selfs net diere wat ondervoed is. Op die oomblik het sy 17 honde, uitsluitend haar eie viervoetkinders, wat in kampe op haar erf woon.

Minkie’s ark of rescue is van die publiek afhanklik vir donasies om die diere kos te gee, asook te betaal vir veeartsonkoste en sterilisasie.

OP Minkie’s ark of rescue se Facebook-blad is getuienisse van die bystand wat sy vir die gemeenskap se diere bied. “Daar is Saterdae waarop die gemeenskap hulle honde na my toe bring sodat ek hulle vir bosluise en vlooie kan dip.”

Op Facebook kan ook gesien word hoe ’n jong seun by twee honde staan wat eet. By die foto is ’n beskrywing waar sy verduidelik hy het vir kos gevra, maar sy kan net soveel gee, anders het haar honde nie genoeg kos nie.

Die Minkie’s Ark of rescue Facebook-blad kan getuig van liefde en omgee vir diere, asook mismoedigheid en hartseer omdat mense se wrede dade nou haar eie dierekinders se lewens kos.

Vir donasies besoek die Minkie’s ark of rescue Facebook-blad hier.

Lees ook: Heer of dame? Jy kan een word vir spotgoedkoop

(Foto: Minkie)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: