Kimberley-polisie soek persoon wat inligting kan gee na vermeende verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die Kimberley-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek ‘n vermeende verkragting en vra die gemeenskap vir inligting rakende Mizandru Rahman, ook bekend as Kamaal.

“Blykbaar het ‘n man, wat die 37-jarige klaer geken het, homself gedurende ‘n tydperk van 6 November en 20 November 2020 op haar afgedwing,” sê kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder.

Kimberley-polisie vra gemeenskap vir hulp

Volgens Jansen is Kamaal ‘n persoon wat inligting kan gee en moontlik kan help met inligting rakende die voorval.

Enigiemand met inligting oor Kamaal kan a.o. Nelda Lötter by 0609723260 of 0800 10 111 kontak of 32211 SMS. Alle inligting word streng vertroulik hanteer. Die ondersoek duur voort.

LEES OOK: Chereez (4) en ouers se lewe onderstebo gegooi na ‘oorinfeksie’

LEES OOK: Paniekaankope: Onthou jy verlede jaar toe almal toiletpapier gekoop het?

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus