August 4, 2021

Paniekaankope: Onthou jy verlede jaar toe almal toiletpapier gekoop het?

Die drie mans het ‘n afleweringsbestuurder buite ‘n supermark met ‘n mes gedreig waarna bulle met die toiletpapier gevlug het.

Paniekaankope: Onthou jy verlede jaar toe almal toiletpapier koop?

Paniekaankope: Onthou jy verlede jaar toe almal toiletpapier koop? Foto: bizcommunity.com

HONG-KONG. – Ons almal onthou die begin van verlede jaar toe mense reg oor die wêreld toiletpapier tydens paniekaankope gekoop het. Drie mans van hier het elkeen tronkstraf ontvang na hulle honderde rolle toiletpapier tydens die tydperk gesteel het.

Die drie is elk tot 40 maande tronkstraf gevonnis weens die gewapende roof in Februarie verlede jaar. Sowat 600 rolle toiletpapier is gesteel.

Rooftog tydens paniekaankope

Die drie mans het ‘n afleweringsbestuurder buite ‘n supermark met ‘n mes gedreig waarna hulle met die toiletpapier gevlug het. Hulle is kort daarna deur die polisie vasgetrek.

Die drie verdagtes het skuldig gepleit en vir die gesteelde toiletpapier betaal. Hulle is steeds elkeen met meer as drie jaar tronkstraf gevonnis.

LEES OOK: Chereez (4) en ouers se lewe onderstebo gegooi na ‘oorinfeksie’

LEES OOK: Borsmelkbank bekommerd, mense skenk minder borsmelk

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *