Onderwyser van verkragting van graad 10-leerling aangekla

Deel hierdie storie / Share this story

TAUNG. – ‘n Onderwyser is Dinsdag op borgtog vrygelaat na hy in hegtenis geneem is op aanklag van die verkragting van ‘n 16-jarige graad 10-leerling.

Die onderwyser gee skool by Pinagare Secondary School in Taung. Hy is voorlopig geskors.

Lees ook: Gedenkdiens vir onnies wat doodgery is

Mmaphefo Matsemela, LUR van onderwys in die Noord-Wes, het die insident ten sterkste veroordeel. “Ek veroordeel enige saak van seksuele aanranding op enige leerling in die Noord-Wes,” sê Matsemela. “Die departement besef hoe ernstig die bewerings is. Die voorlopige skorsing beteken die ondersoek kan ongesteurd voortgaan.”

Beraders is deur die departement vir die leerling, die leerling se familie en onderwysers beskikbaar gestel.

Lees ook: My hel op ‘Gummy Berry Juice’