JOHANNESBURG. – ’n Bejaarde, ook die bestuurder van die motor, is dood nadat ER24 se paramedici sy motor teen ’n groot boom op die sy paadjie aangetref het.
LEES OOK: Passasiersvliegtuig maak noodlanding na kat vlieënier aanval
ER24 berig hulle is gisteraand 22:00 na die toneel ontbied waar die motoris op die toneel dood verklaar is. Die man het in die motor vasgesit en moes met spesiale toerusting uit die motor gesny word.
Nooddienste en die polisie was tot laat op die toneel om die voorval te ondersoek.
LEES OOK: Man glo doodgery na bakleiery uitbreek, motoris in hegtenis geneem
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



