Voormalige Eskom-beampte wil klagtes van belastingbedrog teen hom laat vaar

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Die voormalige Eskom-beampte en senior bestuurder, France Hlakudi, het vandag in die Pretoria-streekshof verskyn op aanklag van belastingbedrog. Die saak is tot 22 April 2021 uitgestel omdat Hlakudi aansoek gedoen het dat die klagtes teen hom laat vaar moet word.

Die span van Hlakudi het aangevoer die bedrogklagtes moenie in hierdie aangeleentheid van toepassing wees nie en dat dit geskrap moet word voordat die saak verhoor word.

Voormalige Eskom-beampte kan tronkstraf kry

Sindisiwe Twala, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat, sê die ondersoekdirektoraat (ID) het aangevoer Hlakudi het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens opsetlik bedrieg deur nie sy ware inkomste bekend te maak nie.

“Die bedrog en oortreding van die heffings op belasting hou verband met sy persoonlike belastingsake en dié van sy maatskappye, Hlakudi Translation and Interpretation cc, Coxinel Chicken (Pty) Ltd en Bon Services Telcom cc,” sê Twala.

Indien Hlakudi skuldig bevind word, is ’n minimum vonnis van 15 jaar van toepassing op ’n eerste oortreder.

LEES OOK: Bejaarde wat hout in bos gaan soek, vermis

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.