Reeksmoordenaar in Nyanga?

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Die polisie en inwoners is bekommerd dat hulle dalk te doen het met ’n reeksmoordenaar nadat die tweede liggaam langs Philippi-dam by Siyanyanzela gevind is.

Die liggaam van ’n onbekende man is vanoggend op presies dieselfde plek opgespoor as die liggaam van ’n kleuter wat laasweek daar gekry is.

LEES OOK: Leeupark-eienaars aangeval, beroof

Die polisie en speurders van Nyanga vra gemeenskapslede wat enige inligting het, om na vore te kom.