PORT ELIZABETH. – Die bejaarde eienaars van ’n leeupark is Dinsdag beseeer deur rowers wat hulle oorrompel en beroof het.
Janice (81) en Rusty Gibb (79), die eienaars van Seaview Predator Park, is omstreeks 10:30 by die park se hek aangeval. Die paar is glo deur twee mans wat gewapen was met ’n mes en ’n vuurwapen, aangeval.
400 m van park se hek
’n Inskrywing op die park se Facebook-bladsy sê die eienaars is ongeveer 400 m van die park se hek af aangeval.
LEES OOK: Vrou beseer toe motor rol
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof.
Albei bejaardes is aangerand toe die rowers nie geld by julle kon kry nie. Die rowers is weg met ’n beursie en ’n selfoon, asook die motor se sleutel. Dié het hulle in die motor se aansitter afgebreek en verder te voet gevlug.



