Pfizer-entstof werk dalk nié as jy vet is

Deel hierdie storie / Share this story

Wetenskaplikes in Italië se navorsing toon glo dat as jy ‘n BMI hoër as 30 het, jy dalk twee inentings teen Covid-19 sal moet ontvang voor dit effektief kan wees.

Volgens die wetenskaplikes het hulle gesonde mense met oorgewig mense vergelyk om dié stelling te staaf, berig Daily Mirror. Die oorgewig mense se liggame het minder as die helfte van die hoeveelheid teenliggaampies as die gesonde mense geproduseer.

Lees ook: Verlos van tik: My tweede kans na dwelms

Oorgewig mense is alreeds in die hoërisikogroep en staan ‘n groter kans om dodelik siek te raak wanneer hulle die virus opdoen.

Vorige navorsing het reeds daarop gedui dat die griepinspuiting minder effektief in oorgewig mense as gesonde mense is.

Die wetenskaplikes sê ook dat die eksperiment op ‘n klein groep mense gedoen is en dat daar nog meer navorsingsdata bymekaargemaak moet word.