TEXAS. – ‘n Vrou se rare allergiese reaksie op antidepressante was só intens dat haar vel van haar gesig af gebrand het en sy vir drie weke in ‘n koma geplaas moes word.
Christan Bennet (29) was binne weke in ‘n koma, waarna sy aan ‘n ventilator gekoppel moes word en daarna weer moes leer eet, drink en loop.

Bennet is met depressie gediagnoseer en het op 24 Lamictal, ‘n anti-depressant, begin drink.
Vir die eerste paar weke weke was alles piekfyn, sê Bennet. Op 1 April 2016 het die moeilikheid begin.
Toe sy haar tande borsel, het ‘n stuk van haar lipweefsel afgeval. Sy het ook hoë koors en vreeslike hoofpyne ervaar en is in die hospitaal opgeneem.

“Ek is dadelik in isolasie geplaas en iets soos vyftig dokters het my kom ondersoek.” Sy is dadelik na die brandeenheid in die hospitaal geskuif toe die vel op haar arms en bene begin blase maak het. “Die pyn was so erg dat ek in daardie stadium begin hallusineer het.”
Medici het toe besluit dat dit beter sou wees om haar in ‘n koma te plaas omdat haar toestand te veel druk op haar hart en longe geplaas het.

Bennet was vir drie weke in die koma. Sy is toe aan in ventilator gekoppel en moes daarna fisioterapie ondergaan om weer te leer loop.
Sy moes ‘n operasie op haar oë en haar keel ondergaan sodat sy weer kon sien, eet en drink.
Bennet sê sy is bly om ná dit wat met haar gebeur het, te kan leef. Sy ervaar soms nog oomblikke waarin sy kwaad is oor wat met haar gebeur het.
Lees ook: Covid-19: Gesondheidswerker verkies staatshospitaal
“Die hele week wat ek in die hospitaal was, het dit vir my gevoel asof niemand omgee nie. Ek het gebraak, ek het nie geëet nie en ek wou ook nie die pille drink nie, want ek het geweet dit sou my nog naarder laat voel,” vertel sy.



