Skoolhoof maak voorbrand vir Faf-broekie-belofte

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Chris Denysschen, hoof van Hoërskool Waterkloof in Pretoria, het ’n belofte om na te kom ná sy skool se matrikulante 1 056 onderskeidings behaal het.

“As julle 1 000 onderskeidings in die eindeksamen behaal, sal ek vir een dag in ’n Faf de Klerk-broekie op die skool se dak sit,” was Denysschen se woorde aan dié skool se matrikulante by verlede jaar se matriekafskeid.

Denysschen het aan Maroela Media gesê dat die belofte nie deel van sy toespraak was nie, maar dat hy spontaan daarmee vorendag gekom het.

Op sy eerste dag terug by die skool, het Denysschen met ’n valskerm uit ’n helikopter gespring en op die rugbyveld geland. “Ek gaan nie gou weer 11 000 voet valskerm spring nie,” is Denysschen se woorde aan Maroela Media. “Maar dit is soms nodig om iets heeltemal onkonvensioneel te doen. My boodskap aan die Klofies was: As ek my vrees vierkant in die oë kan kyk, kan hulle dit ook doen!”

Denysschen sal na verwagting iewers in volgende week sy broekie-belofte nakom. Hou FiND iT dop as jy dit nie wil misloop nie!

Lees ook: Peuter in ma se arms op pad na hospitaal dood

“Hy het ’n bietjie siek voorgekom en het heeltyd gehuil,” sê sy. “Sy ouers was in hierdie stadium reeds twee dae lank oor sy gesondheid bekommerd, maar dit was op daardie dag erger.”