SENEKAL. – Die twee Senekal-mans wat verlede jaar na die Senekal-byeenkoms waar die beweerde moordenaars van Brendin Horner (22) verskyn het, buite die hof in hegtenis geneem is, het gister weer in die hof verskyn.
Andre Pienaar (51) en SJ Fourie het op aanklag van poging tot moord en openbare geweldpleging in die hof verskyn. Pienaar word ook van aanhitsing tot geweld aangekla. Hy was aanvanklik ook van terrorisme aangekla, maar dit is geskrap.
Senekal-mans se saak uitgestel
Pienaar word vir sielkundige waarneming gestuur waarna die mans weer op 7 Mei in die hof sal verskyn.
’n Groep mense het 6 Oktober buite die hof op Senekal bymekaargekom toe die twee mans wat vir die moord op Horner beskuldig word, verskyn het. Pienaar en Fourie is na die gebeure in hegtenis geneem.
LEES OOK: Video: Petrus het onderhoud met Horner se ma
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



