JANGEBE – Ouers van 317 Nigeriese kinders wat hier by ’n skool ontvoer is, het in spanning gewag om van owerhede toe hoor toe 38 van dié kinders en onderwysers vrygelaat is.
Die massa-ontvoering het by die Girls Science sekondêre skool gebeur. Volgens ENCA-nuus is dit die land se derde skoolaanval in minder as drie maande.
317 ontvoerde kinders
Daar word berig al 38 vrygelatenes is veilig en gesond, maar een is in ’n hospitaal opgeneem weens uiterste uitputting. Party het ligte beserings en is nog steeds getraumatiseerd.
Muhammadu Buhari, die president van Nigerië, is gekritiseer is omdat hy glo nie die voorval reg hanteer het nie. Daar word ook beweer owerhede het ’n losprys betaal om die 38 persone vry te laat, maar die bewerings word ontken.
LEES MEER: Varkgriep breek uit in die Wes-Kaap, verskeie varke doodgemaak
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



